top of page

Empower
Growth

Search

SKOLE MAAK VIR SBL-VERKIESINGS GEREED

  • plattelander
  • Feb 14, 2024
  • 2 min read

C. Ovies

SPRINGBOK – Met die omvang van die nuwe skooljaar, is 73 skole in Namakwa genoodsaak om weer na hul strukture soos hul skoolbeheerligaaam te kyk. Volgens wet is elke openbare skool in Suid-Afrika verplig om elke drie jaar sy skoolbeheerliggaam (SBL) te hersien. Die koerant gesels met senior onderwys spesialis, mnr Dirkie Farmer.


Die SBL bestaan uit verkose lede (ouers, voogde, onderwysers, skool personeel en leerders) met die skoolhoof as ex-officio en gekoöpteerde lede. Dit SBL help met die bestuur van die skool en verseker dat ouers belangrike insae in die openbare skool stelsel behou. Om hierdie rede vereis die wet dat ouers die meerderheid stemgeregtigde SBL-lede uitmaak.


“SBL's is die voogde en hekwagters van die skool en stel die skoolkultuur en -klimaat. Die SBL verseker dat die skool se visie en missie, waardes en etos sowel as beleide oor byvoorbeeld toelating, taal, godsdiens en gedrag uitgevoer word.” Die SBL is betrokke by die aanstelling van onderwysers en bevorder die beste belange van die skoolgemeenskap, veral in terme van kwaliteit onderrig.

Farmer sê die grootte van die SBL se ledetal word deur die skool self bepaal. `n Groot skool sal meer lede op die SBL as `n klein skool hê. Die SBL is ook verantwoordelik om onvanpaste en/of skadelike praktyke uit skole te hou. Hy moedig ouers aan om deel te word van die verskiesingsproses. Maak seker u is beskikbaar om die verkiesingsvergadering by te woon, om sodoende vir die geskikte kandidaat te stem. Die skool sal die verkiesingsproses en vereistes met ouers en belangstellendes deel.


Die volgende skoolbeheerliggaam verkiesings vind 1-31 Maart 2024 plaas. Biologiese ouers, voogde sowel as primêre versorgers van leerders by skole word uitgenooi om deel te neem.Heloïne werk ook tans aan 'n boek en innoverende fotografie-projek wat sy hopelik binnekort in Namakwaland bekend sal stel. Om haar gedig, ''n Bitter pil om te sluk' te lees, kan lesers LitNet se webtuiste besoek.

 
 
 

Comments


bottom of page