top of page

Empower
Growth

Search

NAEL TEGNIKUS-OPLEIDING DEUR KELLY’S BEAUTY AND AESTHETICS

P.Coetzee


SPRINGBOK – Met 'n passie vir skoonheid en meer as 10 jaar se ondervinding wil Nababeep-inwoner, Kelly Muller, graag jeugdiges bemagtig met die nodige vaardighede om hul eie besighede in die skoonheidsbedryf, te begin. Kelly het haar studies by Dermatec Health and Skin Care in 2012 voltooi en beskik oor nasionale kwalifikasies: South African Association of Health & Skin Care Proffesionals en Dermatec nasionale diplomas: ITEC, CIDESCO, CIBETH in Skoonheidsterapie en kosmetologie asook internasionale kwalifikasies. Kelly het na voltooiing van haar studies regoor Suid-Afrika getoer en vir 7 jaar lank in Mpumalanga gewerk. Sy is tans terug in Springbok waar sy nie net dames mooi maak nie, maar selfs die jeug bemagtig. Die nael tegnikus-opleiding wat sy aanbied, is individuele opleiding wat per besprekings behartig word. Kelly oorweeg dit om dalk groepies van 4 persone per sessie op te lei sodat hulle op mekaar hul vaardighede kan oefen, maar spasie is huidiglik bietjie beperk. Die individuele opleiding sorg natuurlik vir ekstra aandag aan die student.


Die opleiding is vir beginners en sy noem dat enigiemand die opleiding kan onderneem, selfs al het jy nie skool voltooi nie. Daar sal selfs toerusting by die inskrywingsfooi ingesluit word. Dit verseker dat studente met kwaliteit produkte werk. Die opleiding geskied oor vyf dae en daarna word daar van studente verwag om 10 gevallestudies te doen. Hulle kom dan terug na Kelly met 'n model om hul prakties af te handel. Kelly monitor hul werk en bepaal of dit aan die nodige standaarde voldoen. Na afhandeling van die prakties, ontvang die studente sertifikate van voltooiing.

Kelly is passievol oor die opleiding omdat soveel jeugdiges nie weet wat om na matriek te doen nie. Sy noem ook dat daar soveel potensiaal in ons streek se jeugdiges opgesluit lê, maar dat hulle dikwels net te vêr moet reis om opleiding te ontvang, wat die kursus of opleiding dan te duur maak om te bekostig. Om jou plek te verseker kan jy Kelly by 082 722 3390 kontak.


 
 
 

Recent Posts

See All

Commentaires


bottom of page