top of page

Empower
Growth

Search

GLANSRYKE AAND BY MNR.EN MEJ. FERDINAND BRECHER

D. Obies

STEINKOPF – Die gemeenskaps-saal het op Steinkopf, 24 Mei 2025 in glorieryke kleure 'n stampvol saal gelaat met trotse ouers, onderwysers en gemeenskapslede vir die Mnr. en Mej. Ferdinand Brecher Laerskool-kompetisie. Die aand, wat onder die tema “High Fashion” aangebied was, het 'n spoggerige vertoning van talent, styl en persoonlikheid gelewer, en het die gemeenskap se tonge los gehad lank ná die laaste applous bedaar het.


Die aand het afgeskop met 'n reeks opwindende vermaaklikheidsprogramme. Johrine Baker het die gehoor met haar breakdance-bewegings beïndruk, terwyl Tyrone Phillips die skare met sy sang betower het. Sibusiso Cloete het die verhoog aan die brand geruk met sy rap-vertoning, en Devano en Nicola het die jongspan (en ouer garde!) laat saam klap met hul energieke TikTok-mengsel dans.


Die 36 Grondslagfase-leerders het almal met selfvertroue op die verhoog geparadeer. Die beoordelaars, Rushpianolamour Cloete, Daniel Green, Paula Swatbooi en Juffrou Fortuin, het 'n moeilike taak gehad om die wenners in die verskillende kategorieë aan te wys.


Die gesogte titels was soos volg toegeken in die Mnr en Mej. FBL Junior afdeling was Angella de Wee as Mej. FBL Junior gekroon, met Makayla Jonkers as eerste prinses en Lucah van Wyk as tweede prinses. Raven Fortuin was gekroon as Mnr. FBL Junior, terwyl Cyrus Cloete die eerste prins en Kieran Engelbrecht die tweede prins verower het.


Die Senior Mnr. En Mej. FBL afdeling het gesien hoe die beeldskone Jonise Peter's as Mej. FBL Senior aangewys was, met die pragtige dogters, Zoë Cloete as eerste prinses en Naveen Engelbrecht as tweede prinses. Briquin Vries was gekroon as Mnr. FBL Senior, met Jozè de Wee as eerste prins en Requin Fortuin as tweede prins.Avian Balie is aangewys as Mej. Persoonlikheid, en Jozy van Wyk het die titel Mnr. Persoonlikheid verower.


Die aand was 'n ware triomf vir Ferdinand Brecher Laerskool, wat weereens bewys dat hulle nie net op akademies uitblink nie, maar ook 'n platform bied vir hul leerders om hul talente te ontwikkel en te skitter. Die breë glimlagte van die deelnemers en die trotse gevoel van die gemeenskap het 'n veerkragtigheid in gemeenskapsbou en samesyn gebring.


 
 
 

Comentarios


bottom of page